Leeupoort: Die Bos Praat met Jou

BOS PRAAT – Die bos vertel vir jou sy storie en al wat jy moet doen is om net te luister. Die stilte bring `n rustigheid in jou wat jy nie met geld kan koop nie. Jy moet net nie jou selfoon die hele tyd aanhou nie want die Whatsupp en ander oproepe lei jou aandag af en neem jou terug na jou kantoor of werksplek.

Jy kan vir `n lang tyd geen oproepe kry nie maar sodra jy buite langs die vuur bybelstudie wil hou kry jy die meeste

onnodige oproepe asof die duiwel dit so beplan. Ek en Jan du Preez het een oggend 9 uur beplan om bybelstudie te hou by Ifafa732 op Leeupoort Vakansiedorp. Voor die tyd het nie een van ons enige selfoonoproepe gekry nie en net toe ons begin kry ons oproepe, Jan drie en ek een. Nou wat vertel dit vir jou!!

Daar waar jy rustig buite sit kom die vlakvarke gewoonlik eerste daar om te snuffel vir kos. Wees net versigtig vir hulle en kyk net na daardie gevaarlike tande waarmee hulle jou kan kap. Die njalas en bosbokke maak ook hul draai. Die koedoes en elande kom ook kuier. Die grysbekneushoringvoels laat ook van hulle hoor en besoek ook redelik gereeld die broeikas wat aan een van die bome staangemaak is. Dis reeds nou broeityd waar die wyfie in die kas toegemessel is met `n klein oop gleufie waardeur die mannetjie haar voer. Met die diere en voels in die agtergrond het ons dit kon regkry om Bybelstudie te hou en ons het besef hoe groot God ons het wat al hierdie diere, voels en natuur gemaak het wat ons so geniet.