Accommodation at Leeupoort

Accommodation at Leeupoort

Learn more about the available self-catering vacation chalets at Leeupoort. More / Meer »

Leeupoort News

Leeupoort News

News, Blogs and Messages from the community at Leeupoort. More / Meer »

Tourism Attractions

Tourism Attractions

Learn more about Tourism Attractions and Destinations near the Leeupoort area. More / Meer »

 

Kragonderbrekings

 

Het jy al ooit by die huis gekom nadat jy weg was, en opgemerk dat jou digitale horlosies flikker met die verkeerde tyd? Jy besef gou dat daar ‘n kragonderbreking was, maar dit is feitlik onmoontlik om te bepaal wanneer dit plaasgevind het of hoe lank dit geduur het. Dit is dus ook onmoontlik om vast te stel of die kos in jou vrieskas dalk ontdooi het, begin bederf het, en dan weer gevries is. Of is dit?


Hierdie truuk kan jou help om te weet of kos sleg geword het en net gevries het, en of dit bevrore gebly het terwyl jy weg was. Sit ‘n koppie water in jou vrieskas. Vries dit heeltemal, sit dan ‘n muntstuk bo op en los dit in jou vrieskas.
Op dié manier sal jy kan sê of die inhoud van die vrieskas na ‘n kragonderbreking bevrore gebly het: As die muntstuk tot onder in die die beker gesak het, beteken dit die kos het ontdooi en sal jy moet oorweeg om Daarvan ontslae te raak. Maar as die muntstuk óf bo op, of selfs in die middel van die beker is, behoort jou kos nog veilig te wees. Die algemene maatstaf bly maar dat jy gemaklik moet voel oor jou bevrore voorraad en dit veilig te speel. Gooi dit dus eerder weg as om kanse te vat

Uittreksel uit SAVA Sosiale Dienste – Feb 2017

Leeupoort: Die Bos Praat met Jou

Die bos vertel vir jou sy storie en al wat jy moet doen is om net te luister. Die kinders kan op hul eie deur die reservaat op Leeupoort Vakansiedorp fiets ry.

Die stilte bring `n rustigheid in jou wat jy nie met geld kan koop nie. Jy moet net nie jou selfoon die hele tyd aanhou nie want die Whatsupp en ander oproepe lei jou aandag af en neem jou terug na jou kantoor of werksplek.

 

Jy kan vir `n lang tyd geen oproepe kry nie maar sodra jy buite langs die vuur bybelstudie wil hou kry jy die meeste onnodige oproepe asof die duiwel dit so beplan. Ek en Jan du Preez het een oggend 9 uur beplan om bybelstudie te hou by Ifafa732 op Leeupoort waar ons die akkommodasie terdee geniet. Voor die tyd het ons twee geen selfoonoproepe gekry nie en net toe ons begin kry ons oproepe Jan drie en ek een. Nou wat vertel dit vir jou!!

Daar waar jy rustig buite sit kom die vlakvarke gewoonlik eerste daar snuffel vir kos. Wees net versigtig vir hulle en kyk net na daardie gevaarlike tande waarmee hulle jou kan kap. Die njalas en bosbokke maak ook hul draai. Die koedoes en elande kom nie gereeld kuier nie. Die grysbekneushoringvoels laat ook gereeld van hulle hoor en besoek ook redelik gereeld die broeikas wat aan een van die bome staangemaak is. Dis reeds nou broeityd waar die wyfie in die kas toegemessel is met `n klein oop gleufie waardeur die mannetjie haar voer.

Lekker rustige dag vir jou.

Leeupoort: Beesstert Potjie

Dis net op Leeupoort waar jy in die bos naby die stad en in die rustigheid van die natuur lekker rustig kan ontspan vergeet van die spanning daardoer in die stad.

Om 12 uur Saterdag middag het Henry en sy seun Stiaan begin om die beesstert vir die potjie in orde te kry. Daar gaan `n heerlike potjie voorberei word.

Dis rustig en die twee vlakvarke lê daar in die koelte van die swarthaakboompie  en slaap en die njalabul staan en kyk wat daar aangaan en of daar nie so ietsie vir hom ook kan wees nie.

Die sekelboshout begin vlamvat en die stoele word reggesit sodat `n ou heerlik rustig om die vuur te kan sit met jou voete op die randjie van die es waarop die  vuur gemaak word.

Die kinders baljaar in en om die sundowner swembad en langsaan word die potjie rustig in orde gekry. Die beestert-stukke word eers in die driebeen-swartpot gebraai om dit te seël . Die gebruik is om die kosse wat langer vat om gaar te word eerste in die pot te sit, aangaan met die kook en die groente en wat gouer gaar word word eers heelwat later in die pot geplaas. Baie ouens se reels is dat jy die deksel slegs afhaal wanneer jy van groente bysit want deksel oopmaak is taboe.

Gniet die smaaklike ete.

Leeupoort: Gesplete Tong

Met sy gesplete tong ruik die likkewaan sy prooi wat hy volg om te gaan vang.

Hy het sterk kake en byt hard. Jy moet net nie met hom gaan lol nie. Hulle lê tot 20 eiers in `n gat van ongeveer 15 cm diep. Van geboort af sorg die kleintjies vir hulle self.met die gevolg dat daar maar min is wat oorleef om groot te word.

 

Daar is likkewane op Leeupoort wat op die plavonne van huise op Leeupoort woon. Mens jy hoor hulle maklik want hulle maak groot geraas en die inwoners verwilder hulle en stop die gate onder die dakke toe om hulle nie kans te gee om nes te maak nie.

Hierdie reptiele beweeg stadig wanneer die temperatuur laag is maar is verbasend vining wanneer hulle iets wil vang. Hulle vreet aan karkasse van dooie diere en goggas, eet eiers van voels en tarentale, vreet paddas, akkedisse, voels en insekte.

Daar is mense wat glo dat die likkewaar en tokkelosie vennote is. Partykeer maak hulle of hulle dood is om jou of die prooi om die bos te lei. So vang hulle dan baie keer die prooi. Daar word ook geglo dat `n groot likkewaan `n koei in die veld met sy stert vang en haar uitsuip sodat daar nie melk vir haar kalfie is nie.

Leeupoort: Tong Half Meter Lank.

Die kameelperd is die dier wat die hoogste kan bykom van alle diere op aande.

Daardie lang voorpote is baie gevaarlik en kan `n leeu daarmee doodskop. Wanneer hulle baklei slaan hulle mekaar met die nek. Dit is bekend dat die een al de ander een met die nek dood geslaan het.

Op Leeupoort is die kameelperde baie mak en pragtige fotos kan geneem word. Jy moet net nie uit jou voertuig klim om naby fotos te neem nie want dan

 

jaag jy hulle beslis weg. Die kameelperde benut die blare van bome wat te hoog is vir ander diere om te benut. Hulle kyk af op baie doring bome wat in die veld is. Hierdie dier word tot 30 jaar oud. Daar is spesiale kleppe in hul bloedvate wat keer dat daar nie teveel bloed na hul koppe vloei wanneer hulle water suip nie. Met daardie lang tong wat tot `n half meter uitgesteek kan word stroop hulle blare van bome. Met daardie lang  tong trek hulle ook tot doringtakke nader om die blare in sy bek in te trek.

Wanneer `n kameelperd hardloop gallop hy en lyk dit of hy stadig beweeg maar hulle kan tot 50 km per uur hardloop.